|
Grensoorlog: Volume 1 (2 Discs) |
|
 |
Eerste 13 episodes van 'n dokumentêre reeks wat vertel dit die verhaal van een van Afrika se langste konflikte, wat van 1966 tot 1989 uitgespeel het in Noord-Namibië (toe Suidwes-Afrika), en Suid-Angola, die sogenaamde “Operasionele Gebied” of “Grens” |
|
|
|
Description: |
Hierdie dokumentêre reeks deur Linda de Jager is ‘n intense onthulling van ‘n geheime oorlog. In 26 episodes vertel dit die verhaal van een van Afrika se langste konflikte, wat van 1966 tot 1989 uitgespeel het in Noord-Namibië (toe Suidwes-Afrika), en Suid-Angola, die sogenaamde “Operasionele Gebied” of “Grens”. Vir die eerste keer ooit word beeldmateriaal en foto’s ongesensor aangebied, wat die ware verhaal van Suid-Afrika se bosoorlog kaalkop vertel.
Die reeks tref die kyker soms soos ‘n hou in die maag met ‘n intieme, dikwels skokkende, maar gebalanseerde kyk op ‘n sleuteltydperk in die geskiedenis van Afrika. GRENSOORLOG neem die kyker op ‘n reis wat begin in die bloedige November van 1975 met onafhanklikheid in Angola, en voortstu tot die epiese botsing tussen Kubaanse en Suid-Afrikaanse troepe by Cuito Cuanavale in 1988. Langs die pad word stemme gehoor wat te lank stilgemaak is: van gewone SAW- en Swapo-troepe tot generaals en politici aan albei kante, van Russiese tot Kubaanse tot Amerikaanse spelers. Die sprekers breek deur die stiltes en die sensuur en praat uit die hart uit. Alle taboes word uit die pad gevee. GRENSOORLOG lê ‘n bloedige magspel bloot, met al die ware lewensdrama wat daarmee saamgaan.
Episode 1: KOP AAN KOP Episode 2: TWEE WÊRELDE Episode 3: SPESIALE MAGTE, SPESIALE TAKE Episode 4: DIE ROOI GEVAAR Episode 5: MAGSPEL IN ANGOLA Episode 6: BRUG 14 Episode 7: `N GEWAAGDE REDDINGSPOGING Episode 8: '76: DIE BEGIN VAN DIE EINDE Episode 9: 32 BATALJON Episode 10: DIE GOUE UUR Episode 11: CASSINGA Episode 12: ONS SAL LEWE, ONS SAL STERWE Episode 13: `N SPOOR IN DIE SAND
Format: DVD Artist(s): TV Series Label: M-NET PRODUCTIONS Duration: 312 min Zone: All Age Restriction: 13 Video Encoding: 4:3 Audio Encoding: Dolby Digital 2.0 (Afrikaans)
CLICK HERE FOR MORE INFORMATION |
|
|
|