Volgende skouerskuur vir Pretoria/Johannesburg area om 16h00 op Donderdag , 30 Julie by Casa Mia bomgat
Ons wil graag hierdie geleentheid vir die 61 Meg veterane in die Pretoria/Johannesburg omgewing om bietjie saam te kuier, ’n gereelde instelling maak, en daarom wil ons kyk of ons nie van nou af die laaste Donderdag van elke maand opsy kan sit hiervoor nie.
Dit beteken dat ons weer op Donderdag , 30 Julie 2009 om 16h00 bymekaar kom by die Casa Mia bomgat in Centurion en een van die makkers wat op die Angola ekspedisie was, sal vir ons foto’s wys van hierdie ongelooflike toer.
Almal is baie welkom
Ons wil almal nooi wat by 61 Meg was om te kom saamkuier, en by ons is daar nie onderskeid tussen NDP,Kortdiens of Staande Mag nie. Nou is ons almal net veterane van die 61 Meg Veterane Vereniging.
Fisiese adres
Die Casa Mia bomgat is by Evenden House , Gloverlaan 139 , Centurion en baie naby aan die Jeanlaan afrit op die Ben Schoeman snelweg.
Padaanwysings
Neem die Jeanlaan afrit by die Ben Schoeman snelweg en ry in ’n oostelike rigting tot by die eerste robot.
By hierdie robot, draai links in Rabie straat en ry reguit aan tot by die eerste robot in hierdie straat.
By hierdie robot, draai links in Gloverlaan en volg die pad, deur ’n draai na regs en kyk dan uit vir Evenden House op die linkerkant van die straat.
Die tenk in die voortuin behoort dit maklik te maak om te weet waar die regte adres is.
Bevestiging van bywoning van die skouerskuur op 30 Julie
Dit sal gaaf wees as u kan bevestig of u hierdie skouerskuur kan bywoon , deur ’n e-mail te stuur na admin@61Mech.org.za