As jy in Kaapstad of omgewing bly , kan jy met Ariel Hugo kontak maak by 083 700 5323 of hugo@unifruit.co.za Die Kapenaars se derde skouerskuur geskied op Vrydag 26 Maart 2010 vanaf 16h30 by die Blaawberg Moth's se shellhole by die Killarney Renbaan. Teken in by die Hoofhek en ry reguit met die pad aan, draai regs by die eerste pad na regs vir ongeveer 250 meter. Na 250 meter is die glybaan op regs en die Moth klub op links.
Die doel is maar net om ons ou bande weer op te tel en die vereniging te vestig. Ek wil julle graag daar sien, en 'n bietjie terugvoer gee oor die stand van sake binne die 61MVA en die aksies waarmee ons tans besig is. Teen 26 Maart (vertrou ons) om meer duidelikheid oor die HLeër se besluit betreffende ons gedenknaald en momento's beskikbaar te hê. Ons sal dan ook hopelik meer duidelikheid oor die vervoer van al ons items na die Nasionale oorlogmuseum, die stoor en uitstal daarvan kan deurgee.
Bring ander oudlede enige tyd saam!