Register  Login
..::  »    Unit Profiles » Unit Profiles ::..

South African Armed Forces


2 Regiment de la Rey

Ons Waarsku - We Warn

Find Another UnitBrief Description

2 Regiment de la Rey - (4 members)

Regiment de la Rey (RDLR) was originaly formed at Potchefstroom in 1934. It was renamed to Regiment Wes Transvaal in 1960, after which was changed back to RDLR in 1966. It participated in the Border War, espacially during Operation Packer in 1988, where a battalion was part of the 82nd Mechanied Brigade attack on the Tumpo Triangle at Cuito Cuanavale..Regiment De la Rey (RDLR) was named after the "Lion of the West", as General Koos de la Rey was known since the South African War. The Second Battalion of Regiment De la Rey (2 RDLR) (depicted here), was established on 1 September 1970 as a motorised infantry battalion under the gemeral command of the North West Command in Potchefstroom. During the later part of 1989, the battalion deployed to the Kruger National Park during Operation Pebble.


Link me to this Unit
 

Ons Waarsku - We Warn

 

Also see 1 Regiment de la Rey

 

Only Registered Users may view the Members, History and ROH of this unit
User Posts and Comments
25566Posted by

Louis Van Wyk
on 14 March

RE: 2 Regiment de la Rey

2 REGIMENT DE LA REY.
KENTEKEN.
‘n Silwer Leeukop wat na regs ("Dexter") kyk met die leuse ‘’Ons Waarsku’’

SKOUERFLITS.
‘n Goue Leeu wat na regs ("Dexter") kyk op ‘n maroon agtergrond. Bokant die leeu is ‘n Romeinse syfer II met twee Proteas aan weerskante van die II op ‘n geel agtergrond.

Hiermee ‘n kort oorsig van die geskiedenis van 2 Regiment de la Rey soos ek dit beleef het vanaf 1968 tot en met 1985.

HOOFKWARTIER.
Die Hoofkwartier was geleë in Potchefstroom.
In die laat sestiger jare was die HK geleë in ‘n bungalow naby die Siekeboeg in die basis wat toe bekend gestaan het as 4 Veld Opleidings Regiment - Potchefstroom.
In die begin sewentig jare het die HK verskuif na die ou Huishoudskool buite die basis in Potchefstroom.
In die middel sewentig jare het die HK terug verskuif na die Militêre Basis in Potchefstroom en die eerste vier bungalows op die draai, oos van SAWI, was aan die Eenheid toegeken.

DIE EENHEID.
Regiment de La Rey het eers bekend gestaan as Regiment Wes Transvaal met Kmdt Dawie Schoeman as Bevelvoerder.
Die Regiment het ‘n naamverandering ondergaan en toe bekend gestaan as Regiment de la Rey, vernoem na die Boere Generaal, Koos de la Rey, met Kmdt Turkstra as Bevelvoerder.
Die Eenheid is verdeel in twee Bataljons nl: 1 Regiment de la Rey wat ‘n Gemeganiseerde eenheid was en 2 Regiment de la Rey wat ‘n Teen Insurgensie eenheid was.
Die Bevelvoerder van 2 Regiment de la Rey was Kmdt Hennie van der Walt, die 2IB was Maj Kobus Marė en die Adjudant was Kapt Bossie Boshoff wat later die eenheid verlaat het en as Bevelvoerder van Secunda Kommando aangestel is. Kapt Louis van Wyk het hom opgevolg as Adjudant. Die Kapelaan was Ds.Lindeque van een van die NG Kerke in Potchefstroom.
Die Eeheid het bestaan uit drie Kompanies, A, B en C.
  • A – Komp Bevelvoerder was Maj Daan Burger

  • B –Kompanie Bevelvoerder was Maj Kobus Marė wat ook die 2IB was en is later gevul deur Maj Nic Botha.

  • C – Kompanie Bevelvoerder was Maj Piet Horn.

Kwartiermeester was Lt Kobus Kruger.
Regsoffisier was Lt Eddie Burke.
Inligtingsoffisier was Lt Swanepoel.

...

25567Posted by

Louis Van Wyk
on 14 March

RE: 2 Regiment de la Rey

OPLEIDINGSKAMPE.
2 RDLR het die volgende Opleidings Kampe in die RSA gedoen vanaf 1968.
  • 1. 1968 – Madimbo.

  • 2. 1969 – Ladysmith.

  • 3. 1970 – De Brug.

  • 4. 1971 -- De Brug.

  • 5. 1972 – Mosita.

  • 6. !974 – Mosita.

GRENSDIENSKAMPE.
2 RDLR het die volgende Grensdiens Kampe gedoen.
  • 1. 1975 – Oshakati.

  • 2. 1976 – Mpacha.

  • 3. 1977 – Ruacana.

  • 4. 1978 – Katima Mulilo – Mpelella Eiland.

Van die Bo-Tallige offisiere was ook ontplooi as Staf Offisiere na Oshakati, Ruacana, Eenhana, Nkongo, Nepara, Rundu en Kamanjab.
Maj Kobus Marė, die 2IB het Kmdt Hennie van der Walt opgevolg as Bevelvoerder. Na die afsterwe van Kmdt Kobus Marė het Maj Piet Horn hom opgevolg as Bevelvoerder en Maj Nic Botha was aangestel as 2IB.
Indien daar enige ander makker is wat iets kan byvoeg of my wil korrigeer is hulle welkom. Daar is egter geen inligting bekombaar by die Kmdmt. In Potchefstroom nie na vele pogings in die verlede.

Louis van Wyk. Lt.Kol.
13 Maart 2020.

...

YearNumber of members on Roll Of Honour
TOTAL:
0
Facebook Comments (Please note that this does NOT send notifications to the host)



Images from 'Grensoorlog' series, produced by Linda de Jager, reproduced with kind permission from MNET
Images from 'Grensoorlog' series, produced by Linda de Jager, reproduced with kind permission from MNET
Images from 'Grensoorlog' series, produced by Linda de Jager, reproduced with kind permission from MNET
Images from 'Grensoorlog' series, produced by Linda de Jager, reproduced with kind permission from MNET
Images from 'Grensoorlog' series, produced by Linda de Jager, reproduced with kind permission from MNET

GET YOUR SADF OUMAN STICKER HERE

@ 2007 War In Angola - Veridical Solutions