Register  Login
..::  » General Forums ::..

War In Angola General Forums
Subject Fouché, W.J., Colonel:
Forums Search
You are not authorized to post a reply.
Author Messages
host
Posts:4522
Posted:8/13/2019 11:08:56 AM
Senior Bevorderings

BRIG W. J. FOUCHÉ, SM, is in 1920 op Uitenhage gebore. Nadat hy daar aan die Muir Koliege gematrikuleer het, het hy op 1 Junie 1938 by die Departement van Justisie aangesluit en by die landdroskantoor gewerk.

’n Paar jaar later, nadat hy al sy wetseksamens afgelê het, is hy bevorder tot landdros. Hy het toe op verskeie plekke oor die hele land as assistent-landdros en landdros gedien.

Op 1 Oktober 1961 is hy met die rang van majoor oorgeplaas na die Departement van Verdediging as militêre regsoffisier. Hy het in dié pos gedien tot in April 1964 toe hy terug verplaas is na die landdrosafdeling van die Departement van Justisie.

Hy is toe dadelik bevorder tot senior landdros en was daarna in die landdroskantore van Pretoria, Volksrust en Luderitz in Suidwes. Hy het aansoek gedoen om na die Staande Mag teruggeplaas te word en op 1 November 1966 is hy met die rang van kommandant aangestel.

Presies twee jaar later, op 1 November 1968, is hy bevorder na kolonel en as Regulasies SSO, aangestel.

Op 1 Desember 1971 is hy bevorder na brigadier en aangestel as Direkteur Algemene Administrasie by DGP.

Brig Fouché is in 1943 met ’n mej Burger van Sitrusdal getroud. ’n Seun en twee dogters is uit die huwelik gebore. Die seun. Lt André Fouché, is tans finale jaar mediese student in die Staande Mag.

Brig Fouché is ’n geesdriftige tennis- en muurbalspeler. Op skool was hy kaptein van die eerste rugbyspan en het onder meer ook vir die OP en Vrystaat-bofbalspanne as vanger gespeel.

BRON: PARATUS • JANUARIE 1972

You are not authorized to post a reply.

Images from 'Grensoorlog' series, produced by Linda de Jager, reproduced with kind permission from MNET

GET YOUR SADF OUMAN STICKER HERE

@ 2007 War In Angola - Veridical Solutions